Alles het by Hom begin. Voor alles was Hy al daar. Wat Jesus kom vertel het, het ons met ons eie ore by Hom gehoor. Ons het Hom met ons eie oë gesien. Ons het mooi dopgehou wat Hy gedoen het. Ons kon aan Hom vat en het ook inderdaad met ons hande aan Hom geraak. Wanneer ons dus oor Jesus praat, is ons seker waarvan ons praat. Maar wie is hierdie Jesus van wie ons praat? Dit gaan oor die Een wat ons kom vertel het waar om die ewige lewe te kry. Hy self het die ewige lewe. Daarom kan ons Hom “Lewe” noem. Die “Lewe” het na ons toe gekom. Ons het Hom goed dopgehou. Wat ons gesien het, het ons oortuig dat Jesus nie alleen die ewige lewe het nie, maar dit ook vir ons kan en wil gee. Omdat niemand so naby die hemelse Vader staan as juis Hy nie, kan Hy dit doen.
Lees 1 Johannes 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Johannes 1:1-2
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's