VIR die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid, toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan. Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag! Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog! Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela. Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong! So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela. En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê: Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!
Lees PSALMS 52
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 52:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's