Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele! Daar is die see, groot en alkante toe wyd — daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes. Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel. Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie. U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof. U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut. Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke, Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
Lees PSALMS 104
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 104:24-32
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's