DIE woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het: Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê? Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie. Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie; anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges. Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is. Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.
Lees SPREUKE 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 31:1-7
7 dae
Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een eienskap of deug op ’n slag. In hierdie 7 oordenkings, geneem uit MEER AS KORALE, help Elizabeth George jou om hierdie transformasie af te skop.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's