SPREUKE 16:27-33

SPREUKE 16:27-33 AFR53

'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur. 'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar. 'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie. Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen. Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid. Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem. In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.