SPREUKE 16:1-9

SPREUKE 16:1-9 AFR53

DIE planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE. Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste. Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word. Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil. Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie. Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad. As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou. Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg. Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 16:1-9