NEHEMÍA 13:1-2

NEHEMÍA 13:1-2 AFR53

OP dié dag is daar voor die ore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daarin het geskrywe gestaan dat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die vergadering van God mag kom nie, omdat hulle die kinders van Israel nie teëgekom het met brood en water nie, en Bíleam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in 'n seën verander.