LUKAS 12:8-12

LUKAS 12:8-12 AFR53

En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God. Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God. En elkeen wat 'n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie. En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie; want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.

Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 12:8-12