Lukas 12:8-12

Lukas 12:8-12 AFR20

“Ek sê vir julle, elkeen wat My voor die mense bely, hom sal die •Seun van die Mens ook bely voor die engele van God. Maar wie My voor die mense verloën, sal voor die engele van God verloën word. Elkeen wat iets teen die Seun van die Mens sê, dit sal hom vergewe word; maar wie teen die Heilige Gees laster, sal nie vergewe word nie. En wanneer hulle julle voor die •sinagoges en die owerhede en die maghebbers bring, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle ter verdediging moet sê nie, want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat julle moet sê.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 12:8-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid