JESAJA 43:19-22

JESAJA 43:19-22 AFR53

Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink. Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig. NOGTANS het jy Mý nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!