JESAJA 42:10-13

JESAJA 42:10-13 AFR53

Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af — julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan. Laat die woestyn en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu! Laat hulle aan die HERE die eer gee en sy lof in die eilande verkondig! Die HERE sal uittrek soos 'n held; Hy sal die ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar.