O HERE van die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; Ú het die hemel en die aarde gemaak. O HERE, neig u oor en luister! HERE, open u oë en kyk en hoor al die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad! Waarlik, HERE, die konings van Assirië het al die lande en hulle gebied verwoes en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip — daarom kon hulle dié vernietig. HERE onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, dit alleen is.
Lees JESAJA 37
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 37:16-20
10 Days
Salvation Rise takes a closer look at the Scripture that inspired the songs on NewSpring Worship's latest album. Written for new Christians, this 10-day study is a celebration of who God is, what He's done, and all He has in store for us next. Go to https://newspring.cc/music/salvation-rise to buy the album or to download chord charts and performance tracks.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's