GÉNESIS 21:1-6

GÉNESIS 21:1-6 AFR53

EN die HERE het Sara besoek soos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het: Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het. En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem. En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het. En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is. En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.

Video vir GÉNESIS 21:1-6

Gratis leesplanne en oordenkings oor GÉNESIS 21:1-6