En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen. En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig. En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig. En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het. Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit. Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het. Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel. En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het. Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel. En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het. En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel, en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die HERE Moses beveel het. Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang. En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die HERE Moses beveel het.
Lees EXODUS 40
Deel
Vergelyk alle weergawes: EXODUS 40:16-29
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's