Moses het toe presies gemaak soos die HERE vir hom gesê het. Die tent is opgerig op die eerste dag van die nuwe jaar. Moses het eers die voetstukke op hulle plek gesit. Daarna het hy die houtpanele daarop neergesit en hulle met die dwarslatte aan mekaar vasgesluit. Daarna het hy die dak oor die tent getrek en die boonste laag daar bo-oor getrek, soos die HERE beveel het. Hy het die kliptafels met die getuienis binne-in die ark gesit, die drapale deurgesteek en die deksel bo-op die ark gesit. Toe het hy die ark in die tabernakel neergesit. Hy het die gordyn voor die ark gehang om dit af te skort. Dit was presies soos die HERE vir hom gesê het. Daarna het hy die tafel in die tabernakel teen die noordelike muur neergesit net buite die afskorting. Hy het die offerbrode daarop neergesit voor die HERE, net soos die HERE vir hom gesê het. Hy het die kandelaar in die tabernakel regoor die tafel teen die suidelike muur neergesit. Die lampies het hy aan die staander vasgesit soos die HERE gesê het en die altaar vir die wierook in die tabernakel het hy voor die afskorting neergesit. Toe het hy die geurige wierook daarop aan die brand gesteek, soos die HERE vir hom gesê het. Hy het die gordyn by die ingang van die tabernakel opgehang. Hy het ook die altaar vir die brandoffer by die deur van die tabernakel neergesit, dit is die tent van ontmoeting, en daarop brandoffers en graanoffers aan die brand gesteek, soos die HERE hom beveel het.
Lees EKSODUS 40
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 40:16-29
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's