II KORINTHIËRS 11:1-3

II KORINTHIËRS 11:1-3 AFR53

AG, as julle my net 'n bietjie in my dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar! Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel. Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.