In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee. En Salomo het tot God gespreek: Ú het aan my vader Dawid 'n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak. HERE God, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want Ú het my koning gemaak oor 'n volk talryk soos die stof van die aarde. Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer? Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer — daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie. En Salomo het van die hoogte wat by Gíbeon is, van die tent van samekoms af, in Jerusalem aangekom, en hy het oor Israel geregeer.
Lees II KRONIEKE 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: II KRONIEKE 1:7-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's