Romeine 8:5-8

Romeine 8:5-8 CAB23

Want die wat na die vlees is, bedink die dinge van die vlees; maar hulle wat na die Gees is, die dinge van die Gees. Want om vleeslik gesind te wees, is die dood; maar om geestelik ingestel te wees is lewe en vrede. Want die vleeslike gesindheid is vyandskap teen God, want dit is nie onderworpe aan die wet van God nie, en kan ook nie. Dan kan die wat in die vlees is, God nie behaag nie.

Video for Romeine 8:5-8