Romeine 5:6-11

Romeine 5:6-11 CAB23

Want toe ons nog kragteloos was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterf. Want beswaarlik sal iemand vir 'n regverdige sterwe, maar miskien sal sommige vir 'n goeie man dit selfs waag om te sterf. Maar God betuig sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Veel meer dan, omdat ons nou deur sy bloed geregverdig is, sal ons deur Hom van die toorn gered word. Want as ons, toe ons vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons, as ons versoen is, deur sy lewe gered word. En nie alleen dit nie, maar ons verheug ons ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.

Video for Romeine 5:6-11