Romeine 10:9-13

Romeine 10:9-13 CAB23

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word. Want met die hart glo mens tot geregtigheid; en met die mond word tot redding bely. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. Want daar is geen verskil tussen die Jood en die Griek nie, want dieselfde Here is oor almal ryk vir almal wat Hom aanroep. Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Video vir Romeine 10:9-13