Psalms 34:4-11

Psalms 34:4-11 CAB23

Ek het die HERE gesoek, en Hy het my verhoor en my van al my vrese gered. Hulle het na Hom gekyk en is verlig, en hulle gesigte was nie beskaamd nie. Hierdie arme man het geroep, en die HERE het hom verhoor en hom uit al sy benoudhede verlos. Die Engel van die HERE trek laer op rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. Smaak en sien dat die HERE goed is; geseënd is die man wat op Hom vertrou. Vrees die HERE, sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie. Die jong leeus het gebrek en ly honger; maar die wat die HERE soek, sal niks goeds ontbreek nie. Kom, kinders, luister na my: Ek sal julle die vrees van die HERE leer.