Psalms 32:3-5

Psalms 32:3-5 CAB23

Toe ek stilgebly het, het my gebeente oud geword deur my gebrul die hele dag lank. Want dag en nag was U hand swaar op my: my vog het verander in die droogte van die somer. Sela. Ek het my sonde aan U erken, en my ongeregtigheid het ek nie verberg nie. Ek het gesê: Ek wil my oortredinge aan die HERE bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.