ZAIN. Dink aan die woord aan u kneg waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende, want u woord het my lewend gemaak. Die hoogmoediges het my baie bespot, maar ek het nie van U wet afgewyk nie. Ek het gedink aan U oordele van ouds, o HERE; en het myself getroos. Verskrikking het my aangegryp vanweë die goddeloses wat u wet versaak. U insettinge was my liedere in die huis van my pelgrimstog. Ek het in die nag aan U Naam gedink, o HERE, en U wet onderhou. Dit het ek gehad, omdat ekUu bevele onderhou het. CHETH. U is my deel, HERE, ek het gesê dat ek U woorde sal bewaar. Ek het u guns gesmeek met my hele hart; wees my genadig volgens U woord. Ek het gedink aan my weë en my voete teruggedraai na u getuienisse. Ek het my gehaas en nie versuim om U gebooie te onderhou nie. Die bendes van die goddelose het my beroof, maar ek het U wet nie vergeet nie. Teen middernag sal ek opstaan om U te loof ter wille van U regverdige oordele. Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat U bevele bewaar. Die aarde, HERE, is vol van u goedertierenheid; leer my U insettinge.
Lees Psalms 119
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 119:49-64
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's