Psalms 105:2-5

Psalms 105:2-5 CAB23

Sing tot eer van hom, psalmsing tot eer van hom; vertel van al sy wonderdade. Roem in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Soek die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur. Dink aan sy wonderwerke wat Hy gedoen het; sy wonders en die oordele van sy mond