Loof die HERE; roep sy Naam aan, maak sy dade bekend onder die volk. Sing tot eer van hom, psalmsing tot eer van hom; vertel van al sy wonderdade. Roem in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Soek die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur. Dink aan sy wonderwerke wat Hy gedoen het; sy wonders en die oordele van sy mond; O nageslag van Abraham, sy kneg, kinders van Jakob, sy uitverkorene! Hy is die HERE onse God: sy oordele is op die hele aarde. Hy het aan sy verbond gedink vir ewig, die woord wat Hy beveel het tot duisend geslagte.
Lees Psalms 105
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 105:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's