Psalms 103:11-14

Psalms 103:11-14 CAB23

Want soos die hemel hoog bo die aarde is, so groot is sy barmhartigheid teenoor die wat Hom vrees. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy ken ons gedaante; hy onthou dat ons stof is.