Spreuke 3:13-15

Spreuke 3:13-15 CAB23

Gelukkig is die mens wat wysheid vind, en die mens wat verstand verkry. Want die handelsware daarvan is beter as die handelsware van silwer, en die wins daarvan as fyn goud. Sy is kosbaarder as robyne, en alles wat jy kan begeer, is nie met haar vergelykbaar nie.