Spreuke 3:1-12

Spreuke 3:1-12 CAB23

My seun, vergeet my wet nie; maar laat jou hart my gebooie bewaar. Want lengte van dae en lang lewe en vrede sal hulle vir jou byvoeg. Laat barmhartigheid en trou U nie begewe nie; bind hulle om u nek; skryf dit op die tafel van jou hart: So sal jy guns en goeie verstand vind in die oë van God en mense. Vertrou op die HERE met jou hele hart; en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie gelyk maak. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE en wyk af van die kwaad. Dit sal gesond wees vir jou naeltjie en murg vir jou gebeente. Eer die HERE met jou goed en uit die eerstelinge van al jou opbrings. So sal jou skure vol word met oorvloed, en jou perse sal uitbars met mos. My seun, verag die tugtiging van die HERE nie; wees ook nie moeg vir sy teregwysing nie. Want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet; soos 'n vader die seun in wie hy 'n welbehae het.

Video for Spreuke 3:1-12