Spreuke 3:1-12

Spreuke 3:1-12 AFR20

My seun, my onderrig moet jy nie vergeet nie, en my gebooie – jou hart moet daarby hou; want die lengte van jou leeftyd, die lewensjare en vrede sal dan vir jou vermeerder word. Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie. Bind dit om jou nek, skryf dit op die tafel van jou hart, dan sal jy guns en goeie begrip vind in die oë van God en die mense. Vertrou op die HERE met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak. Moenie wys wees in jou eie oë nie. Jy moet ontsag hê vir die HERE, bly weg van die kwaad. Genesing sal dit bring vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente. Eer die HERE met jou rykdom, met die beste deel van jou volle oes; dan sal jou graanskure oorvol wees, en van •nuwe wyn sal jou parskuipe oorloop. Die vermaning van die HERE, my seun, moet dit nie verwerp nie, en moenie 'n afkeer hê van sy teregwysing nie. Want die een vir wie die HERE liefhet, wys Hy tereg, soos 'n vader die seun vir wie hy omgee.

Video for Spreuke 3:1-12