Spreuke 16:1-9

Spreuke 16:1-9 CAB23

Die voorbereiding van die hart in die mens en die antwoord van die tong is van die HERE. Al die weë van 'n mens is rein in sy eie oë; maar die HERE weeg die geeste. Laat jou werke aan die HERE oor, en jou gedagtes sal vasstaan. Die HERE het alles vir Homself gemaak, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil. Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; Deur goedertierenheid en waarheid word die ongeregtigheid gereinig, en deur die vrees van die HERE wyk mense af van die kwaad. Wanneer die weë van 'n mens die HERE behaag, laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hê. Beter is 'n bietjie met geregtigheid as groot inkomste sonder reg. 'n Man se hart beraam sy weg, maar die HERE rig sy voetstappe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 16:1-9