Johannes het wel in die woestyn gedoop en die doop van bekering tot vergewing van sondes verkondig. En die hele land Judéa en hulle van Jerusalem het na hom uitgegaan, en hulle is almal deur hom in die Jordaanrivier gedoop, terwyl hulle hul sondes bely. En Johannes was bekleed met kameelhare en met 'n velgordel om sy heupe; en hy het sprinkane en wilde heuning geëet; En hy het gepreek en gesê: Daar kom een sterker as ek ná my, wie se skoene ek nie waardig is om af te buk en los te maak nie. Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop. En dit het gebeur in daardie dae dat Jesus van Násaret in Galilea gekom het en deur Johannes in die Jordaan gedoop is. En dadelik uit die water opgekom, sien Hy die hemele geopen en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal. En daar het 'n stem uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. En dadelik dryf die Gees hom die woestyn in. En hy was daar in die woestyn veertig dae lank, deur Satan versoek; en was saam met die wilde diere; en die engele het Hom gedien.
Lees Markus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 1:4-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's