Matteus 6:9-18

Matteus 6:9-18 CAB23

So bid julle dan: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe. En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose, want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie. En as julle vas, moet julle nie soos die geveinsdes van 'n droewige voorkoms wees nie; Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou aangesig; dat jy nie aan die mense verskyn om te vas nie, maar aan jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.