Matteus 5:13-16

Matteus 5:13-16 CAB23

Julle is die sout van die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit gesout word? dit is van nou af vir niks goed nie, behalwe om uitgewerp te word en onder die voete van mense vertrap te word. Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n heuwel lê, kan nie weggesteek word nie. 'n Mens steek ook nie 'n kers op en sit dit onder 'n maatemmer nie, maar op 'n kandelaar; en dit gee lig vir almal wat in die huis is. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

Video vir Matteus 5:13-16