Matteus 25:1-12

Matteus 25:1-12 CAB23

Dan sal die koninkryk van die hemele vergelyk word met tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was wys en vyf was dwaas. Die wat dwaas was, het hulle lampe geneem en geen olie saamgeneem nie. Maar die wyses het olie in hulle houers saam met hulle lampe geneem. Terwyl die bruidegom vertoef, het hulle almal gesluimer en geslaap. En middernag was daar 'n geroep: Kyk, die bruidegom kom; gaan uit hom tegemoet. Toe het al daardie maagde opgestaan en hulle lampe geknip. Toe sê die dwase vir die wyse: Gee ons van julle olie; want ons lampe is uitgedoof. Maar die wyses antwoord en sê: Nie so nie; dat daar nie genoeg vir ons en vir julle is nie; maar gaan liewer na die wat verkoop, en koop vir julleself. En terwyl hulle gaan koop het, het die bruidegom gekom; en die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Daarna het die ander maagde ook gekom en gesê: Here, Here, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, Ek ken julle nie.