Matteus 2:9-11

Matteus 2:9-11 CAB23

Toe hulle die koning hoor, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle in die ooste gesien het, het voor hulle uit gegaan totdat hy gekom het en gaan staan oor die plek waar die kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle met groot blydskap verheug. En toe hulle in die huis kom, sien hulle die kindjie saam met Maria, sy moeder, en val neer en aanbid hom; en nadat hulle hul skatte oopgemaak het, het hulle geskenke aan hom gegee; goud en wierook en mirre.