Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, laat hom homself verloën, sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; en elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. Want wat baat 'n mens as hy die hele wêreld win en sy eie siel skade ly? of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy siel? Want die Seun van die mens sal kom in die heerlikheid van sy Vader met sy engele; en dan sal hy elkeen beloon volgens sy werke. Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige wat hier staan, wat die dood nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.
Lees Matteus 16
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Matteus 16:24-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's