Lukas 9:18-27

Lukas 9:18-27 CAB23

En terwyl Hy alleen besig was om te bid, was sy dissipels by Hom; en Hy het hulle gevra en gesê: Wie sê die volk is Ek? Hulle antwoord en sê: Johannes die Doper; maar sommige sê: Elía! en ander sê, dat een van die ou profete opgestaan het. Hy sê vir hulle: Maar wie sê julle is Ek? Petrus antwoord en sê: Die Christus van God. En hy het hulle streng bevel gegee en hulle beveel om dit aan niemand te vertel nie; en gesê: Die Seun van die mens moet baie ly en deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes verwerp word en gedood word en op die derde dag opgewek word. En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, laat hom homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe ter wille van My verloor, hy sal dit red. Want wat baat 'n mens as hy die hele wêreld win en homself verloor of verwerp word? Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens hom skaam wanneer Hy kom in sy eie heerlikheid en in dié van sy Vader en van die heilige engele. Maar Ek sê vir julle voorwaar, daar staan sommige hier wat die dood nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God sien nie.