Lukas 23:44-47

Lukas 23:44-47 CAB23

En dit was omtrent die sesde uur, en daar was duisternis oor die hele aarde tot die negende uur. En die son is verduister, en die voorhangsel van die tempel het in die middel geskeur. En toe Jesus met 'n groot stem uitgeroep het, sê Hy: Vader, in u hande gee Ek my Gees oor; en nadat Hy dit gesê het, het Hy die asem gegee. En toe die hoofman oor honderd sien wat gebeur het, het hy God verheerlik en gesê: Dit was sekerlik 'n regverdige man.