En daar is ook twee ander kwaaddoeners saam met hom gelei om gedood te word. En toe hulle by die plek kom wat Golgota genoem word, het hulle Hom daar gekruisig en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant. Toe sê Jesus: Vader, vergeef hulle; want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot gewerp. En die volk het gestaan en kyk. En die owerstes saam met hulle het Hom ook gespot en gesê: Ander het Hy gered; laat hy homself red as hy Christus is, die uitverkorenes van God. En die soldate het ook met hom gespot en na hom gekom en vir hom asyn geoffer, en gesê: As jy die koning van die Jode is, red jouself. En 'n opskrif was ook oor hom geskrywe in Griekse en Latynse en Hebreeuse letters: DIT IS DIE KONING VAN DIE JODE. En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy God nie, aangesien jy in dieselfde oordeel is? En ons is wel tereg; want ons ontvang die gepaste loon vir ons dade, maar hierdie man het niks verkeerd gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Here, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees. En dit was omtrent die sesde uur, en daar was duisternis oor die hele aarde tot die negende uur. En die son is verduister, en die voorhangsel van die tempel het in die middel geskeur. En toe Jesus met 'n groot stem uitgeroep het, sê Hy: Vader, in u hande gee Ek my Gees oor; en nadat Hy dit gesê het, het Hy die asem gegee. En toe die hoofman oor honderd sien wat gebeur het, het hy God verheerlik en gesê: Dit was sekerlik 'n regverdige man. En al die mense wat by daardie gesig bymekaargekom het, het die dinge gesien wat gebeur het, en hulle het op hulle borste geslaan en teruggekeer. En al sy bekendes en die vroue wat hom van Galiléa gevolg het, het van ver af gestaan en hierdie dinge aanskou.
Lees Lukas 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 23:32-49
4 Days
We have created this resource for you to grow closer to God around the belief that Christ came for everyone, especially you!
6 Days
If Jesus were on board with every idea His followers have staked His claim in, then He’d be one incredibly confused Son of God, always at odds with Himself and overly busy leading the charge for both sides of every debate. Thankfully, Jesus speaks for Himself. You can read His words in this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s message series, Things Jesus Never Said.
7 Days
Are you ready to start a life-changing journey? Walk with Jesus through Luke nineteen to twenty-four. Witness the establishment of God’s Kingdom on earth and Jesus’s final days on earth. Discover who Jesus is, why he came to earth, what his message was, and what he wants you to do. Your discovery will impact your family, friends, and community.
8 Days
It’s hard to imagine what Jesus was thinking and feeling in the days leading to cross, but one thing we do know—his trust and assurance in the goodness and faithful love of God. Take a journey this Holy Week through the gospels, walk with Jesus, ask God a simple question, and encounter the vast love of God.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's