Josua 2:1-7

Josua 2:1-7 CAB23

En Josua, die seun van Nun, het uit Sittim twee manne uitgestuur om in die geheim te spioeneer en gesê: Gaan kyk na die land, Jérigo. En hulle het gegaan en in die huis van 'n hoer met die naam van Ragab gekom en daar vernag. En aan die koning van Jérigo is meegedeel en gesê: Kyk, daar het vannag manne van die kinders van Israel hier ingekom om die land te verken. En die koning van Jérigo het na Ragab gestuur om te sê: Bring die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het, want hulle het gekom om die hele land te verken. En die vrou het die twee mans geneem en hulle weggesteek en so gesê: Daar het manne na my gekom, maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie. En omtrent die tyd van die sluiting van die poort, toe dit donker was, het die manne uitgegaan; waarheen die manne gegaan het, het ek nie geweet nie; want julle sal hulle inhaal. Maar sy het hulle op die dak van die huis gebring en hulle weggesteek met die vlasstingels wat sy op die dak in orde gelê het. En die manne het hulle agtervolg die pad na die Jordaan tot by die driwwe; en sodra die wat hulle agtervolg het, uitgegaan het, het hulle die poort gesluit.