Josua 11:3-10

Josua 11:3-10 CAB23

en vir die Kanaäniete in die ooste en teen die weste, en vir die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Jebusiete in die berge, en vir die Hewiete onder Hermon in die land Mispa. En hulle het uitgetrek, hulle en al hulle leërs saam met hulle, baie mense, soos die sand wat op die seestrand is in menigte, met perde en strydwaens baie. En toe al hierdie konings bymekaargekom het, het hulle gekom en laer opgeslaan by die waters van Merom om teen Israel te veg. Toe sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees vir hulle nie, want môre omtrent hierdie tyd sal Ek hulle almal wat verslaan is voor Israel oorgee; jy moet hulle perde kap en hulle strydwaens met vuur verbrand. Daarop het Josua, en al die krygsmanne saam met hom, skielik teen hulle gekom by die waters van Merom; en hulle het op hulle geval. En die HERE het hulle oorgegee in die hand van Israel, wat hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by die groot Sidon en tot by Misrefotmaim en tot by die dal Mispa, teen die ooste; en hulle het hulle verslaan totdat hulle niemand oorgebly het nie. En Josua het met hulle gedoen soos die HERE hom beveel het: hy het hulle perde geskarrel en hulle strydwaens met vuur verbrand. En Josua het in dié tyd omgedraai en Hasor ingeneem en sy koning met die swaard verslaan, want Hasor was vroeër die hoof van al daardie koninkryke.