En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Maar Ek het vir julle gesê dat julle My ook gesien het en nie glo nie. Alles wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en hom wat na My toe kom, sal Ek nooit uitwerp nie. Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat Ek van alles wat Hy My gegee het, niks sal verloor nie, maar dit sal opwek in die laaste dag. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe kan hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Die Jode het toe oor hom gemurmureer, omdat hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het. En hulle sê: Is dit nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? hoe is dit dan dat hy sê: Ek het uit die hemel neergedaal? Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Moenie onder mekaar murmureer nie. Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Daar is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer word. Elkeen dan wat gehoor het en van die Vader geleer het, kom na My toe. Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe hy wat uit God is, hy het die Vader gesien. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood van die lewe. Julle vaders het manna in die woestyn geëet, en hulle is dood. Dit is die brood wat uit die hemel neerdaal, dat 'n mens daarvan kan eet en nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het; as iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig lewe; en die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek sal gee vir die lewe van die wêreld.
Lees Johannes 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 6:35-51
5 Days
What’s so important about Easter? Why is there so much interest in a person born 2,000 years ago? Why are so many people excited about Jesus? Why do we need him? Why did he come? Why did he die? Why should anyone bother to find out? In this 5-day plan, Nicky Gumbel shares compelling answers to those very questions.
7 Days
Advent is simply a season of expectant waiting and preparation. Join pastor and author Louie Giglio on an Advent journey to discover that waiting is not wasting when you're waiting on the Lord. Take hold of the chance to uncover the vast hope offered through the journey of Advent. In the next seven days you'll find peace and encouragement for your soul as anticipation leads toward celebration!
John's gospel can be broken into four parts: an Introduction (John 1:-1:18), the Book of signs (1:19-12:50), the Book of exaltation (13:1-20:31) and an Epilogue (chapter 21). In this Seven Day study we will study the 7 “Signs” of Jesus, and the 7 “I AM" statements of Jesus, to demonstrate that John structured his book in a way that helps the reader see that Jesus fulfills the ministry of Elisha.
Ready to grow as a leader? Craig Groeschel unpacks six biblical steps anyone can take to become a better leader. Discover a discipline to start, courage to stop, a person to empower, a system to create, a relationship to initiate, and the risk you need to take.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's