Johannes 6:35-40

Johannes 6:35-40 CAB23

En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Maar Ek het vir julle gesê dat julle My ook gesien het en nie glo nie. Alles wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en hom wat na My toe kom, sal Ek nooit uitwerp nie. Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat Ek van alles wat Hy My gegee het, niks sal verloor nie, maar dit sal opwek in die laaste dag. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe kan hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Video vir Johannes 6:35-40