En daarom het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy hierdie dinge op die sabbatdag gedoen het. Maar Jesus antwoord hulle: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk. Daarom het die Jode des te meer probeer om hom dood te maak, omdat hy nie alleen die sabbat verbreek het nie, maar ook gesê het dat God sy Vader is en homself aan God gelyk maak. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit homself doen as wat Hy die Vader sien doen nie; want alles wat Hy doen, dit doen ook die Seun net so. Want die Vader het die Seun lief en maak Hom alles bekend wat Hy doen; en Hy sal Hom groter werke as hierdie toon, sodat julle julle kan verwonder. Want soos die Vader die dooies opwek en hulle lewend maak; so maak die Seun lewend wie Hy wil.
Lees Johannes 5
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Johannes 5:16-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's