Johannes 3:18-20

Johannes 3:18-20 CAB23

Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is reeds veroordeel, omdat hy nie in die Naam van die eniggebore Seun van God geglo het nie. En dit is die oordeel, dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis meer liefgehad as die lig, want hulle werke was sleg. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy dade nie bestraf word nie.

Video vir Johannes 3:18-20