En dieselfde dag in die aand, dit was die eerste dag van die week, toe die deure gesluit was waar die dissipels uit vrees vir die Jode vergader het, het Jesus gekom en in die midde gestaan en vir hulle gesê: Vrede vir julle! En nadat hy dit gesê het, wys hy aan hulle sy hande en sy sy. Toe was die dissipels bly toe hulle die Here sien. Toe sê Jesus weer vir hulle: Vrede vir julle; soos my Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. Elkeen se sondes wat julle vergewe, word hulle vergewe; en wie se sondes julle ook al behou, dit word behou. Maar Tomas, een van die twaalf, wat Didimus genoem word, was nie by hulle toe Jesus gekom het nie. Die ander dissipels sê toe vir Hom: Ons het die Here gesien. Maar hy sê vir hulle: As ek nie in sy hande die teken van die spykers sien en my vinger in die teken van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nie glo nie. En ná agt dae was sy dissipels weer binne, en Tomas saam met hulle; Jesus het toe gekom, terwyl die deure gesluit was, en in die midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!
Lees Johannes 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 20:19-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's