Jeremia 29:10-14

Jeremia 29:10-14 CAB23

Want so sê die HERE: Na sewentig jaar voleindig is in Babel, sal Ek na julle kyk en my goeie woord aan julle volbring deur julle na hierdie plek te laat terugkeer. Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n verwagting te gee. Dan sal julle My aanroep en gaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en My vind, wanneer julle My met julle hele hart soek. En Ek sal deur julle gevind word, spreek die HERE; en Ek sal julle gevangenskap afwend en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal jou terugbring na die plek waar Ek jou in ballingskap weggevoer het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid