Rigters 5:1-5, 18-22, 31

Rigters 5:1-5 CAB23

Toe het Debora en Barak, die seun van Abinoam, op dié dag gesing en gesê: Prys die HERE vir die wraak van Israel toe die volk hulle gewillig geoffer het. Hoor, o konings! luister, o vorste! Ek sal tot eer van die HERE sing; Ek wil psalmsing tot eer van die HERE, die God van Israel. HERE, toe U uit Seïr uitgetrek het, toe U uit die veld van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe, en die hemel het gedrup, en die wolke het ook water gedrup. Die berge het gesmelt voor die aangesig van die HERE, ja, die Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel.

Rigters 5:18-22 CAB23

Sebulon en Naftali was 'n volk wat hulle lewe tot die dood in gevaar gestel het op die hoogtes van die veld. Die konings het gekom en geveg, en daarna het die konings van Kanaän in Taänag by die waters van Megiddo geveg; hulle het geen geld gewin nie. Hulle het uit die hemel geveg; die sterre op hulle bane het teen Sisera geveg. Die rivier van Kison het hulle meegesleur, daardie ou rivier, die rivier Kison. O my siel, jy het krag vertrap. Toe is die perdehoewe gebreek deur middel van die gejaagdheid, die geslinger van hulle magtiges.

Rigters 5:31 CAB23

Laat dan al u vyande omkom, HERE, maar laat die wat Hom liefhet, wees soos die son wanneer hy in sy sterkte opgaan. En die land het veertig jaar rus gehad.