Rigters 5:1-5, 18-22, 31

Rigters 5:1-5 AFR20

Op daardie dag het Debora en Barak, seun van Abinoam, gesing: “Wanneer hare onversorg is in Israel, wanneer manskappe vrywillig aanmeld – prys die HERE! Luister, konings; gee aandag, regeerders! Ek, vir die HERE wil ek sing; ek wil die HERE, die God van Israel besing. HERE, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U vooruit gestap het uit die gebied van Edom, het die aarde gebewe; selfs die hemel het gegiet, ja, die wolke het water gegiet. Berge het gevloei voor die HERE, die Een van Sinai, voor die HERE, die God van Israel.

Rigters 5:18-22 AFR20

Sebulon is manskappe wat die dood uittart, ook Naftali, op die heuwels in die veld. “Konings het gekom, hulle het geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Taänag, langs die water van Megiddo; maar nie 'n enkele stuk silwer kon hulle buit nie. Uit die hemelruim het die sterre geveg; uit hulle wentelbane het hulle teen Sisera geveg. Die Kisonspruit het hulle weggespoel, die oeroue spruit, die Kisonspruit! “Ek wil voortgaan met krag: Daarna het die perdepote gedreun van die jaagtog, die jaagtog van sy hingste!

Rigters 5:31 AFR20

“So moet al u vyande omkom, HERE! Maar hulle wat Hom liefhet, is soos die son wat opkom in sy krag! ” Daarna het die land veertig jaar lank rus gehad.