Laat die broeder van geringe graad hom verheug omdat hy verhewe is: Maar die ryke, deurdat hy verneder is, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan. Want die son kom nie vroeër op met 'n brandende hitte nie, maar dit laat die gras verdroog, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal ook die ryk man in sy weë verwelk. Geseënd is die man wat versoeking verdra, want as hy beproef word, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. Laat niemand as hy versoek word, sê: Ek word deur God versoek nie, want God kan nie deur die kwaad versoek word nie, en Hy versoek niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Wanneer begeerlikheid dan swanger geword het, bring dit sonde voort; en sonde, as dit voleindig is, baar die dood.
Lees Jakobus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 1:9-15
7 Days
Suffering can be perplexing. God’s people—and even Jesus himself—have often asked the “Why?” question when facing suffering. Scripture pulls back the curtain to reveal some, though not all, of God’s purposes in permitting suffering to enter our lives. Through it all, we are called to persevere faithfully, resting in the assurance of ultimate victory and eternal reward.
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
27 Dag
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's